< Back to previous page

Publication

Die parasiet Protopolystoma xenopodis (Monogenea: Polystomatidae) werp lig op die evolusionêre geskiedenis van sy gasheer, die platanna Xenopus laevis (Anura: Pipidae)

Journal Contribution - Journal Abstract Conference Contribution

Subtitle:The parasite Protopolystoma xenopodis (Monogenea: Polystomatidae) sheds light on the evolutionary history of its host, the platanna Xenopus laevis (Anura: Pipidae)
Die parasiet Protopolystoma xenopodis (Monogenea: Polystoma dae) werp lig op die evolusionêre geskiedenis van sy gasheer, die platanna Xenopus laevis (Anura: Pipidae) The parasite Protopolystoma xenopodis (Monogenea: Polystomatidae) sheds light on the evolutionary history of its host, the platanna Xenopus laevis (Anura: Pipidae): Xenopus laevis displays considerable phylogeographic divergence across its native southern Africa, which is amplifi ed in the phylogeny of its co-evolving monogenean parasite Protopolystoma xenopodis. Co-phylogenetic analyses suggest a link between the divergence of host and parasite, making this system an ideal model to study co-evolution during incipient speciation. Die wêreldwye indringerpadda, die gewone platanna Xenopus laevis (Anura: Pipidae), toon duidelike fi logeografi ese verskille tussen sy verskillende bevolkings in suidelike Afrika, sy natuurlike gebied. Dit het direk tot die hoë genetiese variasie in sommige van die indringerbevolkings bygedra. Nietemin is daar nog geen sekerheid oor hoe die verskillende stamme van die gewone platanna in sy natuurlike gebied met mekaar verband hou nie. Daarbenewens is die genetiese en geografi ese versperrings tussen die verskillende stamme nog nie goed gedefi nieer nie. In gevalle soos dié kan gasheer-spesifi eke parasiete hoër fi logeografi ese resolusie bied om die meer onlangse evolusionêre geskiedenis van die gasheer toe te lig, mits daar 'n sterk ko-evolusionêre sein tussen die gasheer en parasiet is. Hier tree die monogenëer-platwurm Protopolystoma xenopodis (Monogenea: Polystomatidae) as 'n ideale vergrootglas na vore om die proses van ontluikende spesiëring in X. laevis te bestudeer. In hierdie studie is ko-fi logenetiese metodes, in besonder globale passingsanalise, aangewend om die fi logeografi ese ooreenstemming tussen X. laevis en P. xenopodis te meet, ten einde lig te werp op die prosesse wat betrokke is by die genetiese uiteenloping wat sigbaar is in hierdie gasheer-parasiet-verwantskap. Die mitokondriale 12S rDNS en die COI-geen van 30 platannas en hulle ooreenstemmende parasiete, 'n totaal van meer as 900 basispare, is gebruik om die evolusionêre verwantskappe van die platannas en parasiete te bepaal. Dit het die basis gevorm van die ko-fi logenetiese vergelyking van die twee dieregroepe. Beide natuurlike en indringerbevolkings is in die analise ingesluit, wat al sewe die fi logeografi ese stamme van die gasheer in suidelike Afrika, Frankryk en Portugal verteenwoordig het. Beduidende genetiese uiteenloping is waargeneem in sowel die gasheer as die parasiet, soos aangedui deur 'n algehele gemiddelde model-ongekorrigeerde genetiese afstand van 4% vir die gasheer en 6% vir die parasiet. Verder het die resultate van die ko-fi logenetiese analise getoon dat daar 'n beduidende kongruensie is tussen die evolusionêre geskiedenis van die platanna en sy parasiet. Die ko-diversifi sering vind veral plaas tussen die twee hoof fi logeografi ese stamme, wat ooreenstem met die twee klimaatsgebiede in die land, naamlik die winter-en somerrëenvalgebiede wat van mekaar geskei word deur die Groot Eskarp en die Kaapse Plooiberge. Dit stel voor dat die proses van ko-evolusie tydens allopatriese spesiëring 'n rol kan speel in die eerste tentatiewe stappe van genetiese uiteenloping van 'n gasheer-parasiet-sisteem. Om hierdie proses in meer detail uit te pluis, gaan die mitogenoom-DNS-volgordes van die onderskeie platannas en hul parasiete as 'n volgende stap bepaal word. Sodoende kan meer omvattende data in die analises gebruik word, wat hopelik tot 'n meer indringende begrip van die gesamentlike evolusionêre geskiedenis van hierdie twee diergroepe sal lei. Outeurs: Anneke L Schoeman LH du Preez MPM Vanhove
Journal: Die Suid-Afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
ISSN: 0254-3486
Issue: 1
Volume: 39
Pages: 130 - 130
Publication year:2021
Keywords:Protopolystoma xenopodis, parasiet, evolusionêre geskiedenis, Xenopus laevis
Accessibility:Open